Hiermee Ligbron se E-sport span wat algeheel 3de in SA geëindig het. Hulle staan (v.l.n.r.): Johan-Peter Krause, Dian Badenhorst, Ethan Morgan, Juan Maree en Maurice Fourie (kaptein).
Ligbron Akademie vir Tegnologie se E-Sport Dota Span het die afgelope naweek vanaf Vrydag tot Sondag, 11 tot 13 Oktober, by die Maverick Gaming Centre in Sandton deelgeneem aan die finale VS Gaming High School E-sports League. Ligbron se E-sport span eindig 3de in die land. Hierdie liga is die enigste in sy soort wat net vir hoërskool leerders is. Staats- en veral privaat skole regoor die land het deelgeneem met Grey Kollege wat die eerste plek ingemeen het en Parklands College wat 2de geëindig het. Ligbron wil ook graag vir Re Accounting, Fantech en SpeedyRoof bedank vir die borgskap om hierdie finale moontlik te maak.