2019 se voorblad vir die Spoiings
Die Spoiings is ān trotse bundel van HoĆ«rskool Ermelo wat jaarliks bekendgestel word. Die unieke bundel bevat EHS-leerders se uitstaande skryfstukke en, sover bekend, is HoĆ«rskool Ermelo die enigste skool wat aan leerders hierdie unieke geleentheid bied om hul spog-skryfstukke ten toon te stel.
Die voorblad en die voorwoord vul mekaar perfek aan: Die silhoeĆ«t as geheel kan gesien word as die bolyf van ān mens met ān Errie as die hart van die beeld. Wanneer van nader bekyk, kan ān mens sien dat die silhoeĆ«t uit drie gesigte bestaan wat elkeen in ān ander rigting kyk. Dit beeld die keuses uit wat ons as individue kan maak. Die gesigte is gevorm uit verskillende vertakkings wat daarop dui dat jy baie kanse en geleenthede gaan kry wat jy moet aanpak en wat jou gaan vorm. Die Errie wat as die hart van die geheelbeeld uitgebeeld word, is die belangrikste figuur. Dit maak nie saak watter pad jy kies of watter uitdaging jy aanpak nie, solank jy terugkeer na jou wortels, sal alles ten goede uitwerk. Jy sal deur elke vertakking in die lewe kom, omdat die krag van elke situasie vanaf die wortels kom: die Erries het jou opgevoed!
Groot dank en waardering aan Baruch BĆ¼chling vir die teken van die voorblad en Leandri Beyer vir die skryf van die voorwoord, asook mnr. Herman Labuschagne wat die voortou geneem het met diĆ© uitgawe. Dit is ān besonderse Spoiings. EHS bedank elke onderwyser wat die liefde vir skryf by die Erries kweek: julle is ān span duisend!