Leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, het die afgelope naweek vanaf 11 tot 13 Oktober die Landsdiens Klubkamp bygewoon wat te Dinokeng Resort naby Pretoria aangebied is. Die leerders het oor die naweek aan verskeie aktiwiteite deelgeneem. Tydens die spanbou-aktiwiteite het hulle ‘n hindernisbaan voltooi, waterspele en ‘n flinkdink-aktiwiteit gehad. ‘n Veldgids het die groep ook meer geleer oor hoe om spoor te sny vir die Groot 5 en hulle het ook geleer hoe om diere-mis uit te ken en ‘n dier te identifiseer.
Hulle het ‘birdfeeders’ gemaak van toilet rolletjies, grondboontjiebotter en saadjies. Die kinders het elke oomblik van die kamp geniet.