)

Ligbron rugbyspanne na Mpumalanga Grootskole

Ligbron rugbyspanne na Mpumalanga Grootskole Semi- en Finale uitspele. Agt rugbyspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo het Saterdag, 2 Junie in Lydenburg deelgeneem aan die Mpumalanga Grootskole uitspele en besonder goeie rugby gespeel. Die A-spanne het aan die kwartfinale deelgeneem en die B-spanne aan die semifinale. Ses uit die agt spanne dring deur na die Mpumalanga Grootskole semifinaal en finaal wat eerskomende Saterdag, 9 Junie, op Ligbron se velde sal plaasvind.

Die o/14A’s wen 47-5 teen Hoërskool Lydenburg en speel in die semifinaal teen Hoërskool Secunda; die o/14B span wen 24-12 teen Hoërskool Piet Retief en speel in die finaal teen HTS Witbank; die Computer Connection o/15A’s wen 36-0 teen Hoërskool Lydenburg en speel in die semifinaal teen Hoërskool Piet Retief; die o/15B’s verloor 5-7 teen Hoërskool Piet Retief en hulle seisoen kom tot ‘n einde; die o/16A’s verloor 17-20 teen Hoërskool Secunda en hulle seisoen kom tot ‘n einde; die derdes speel gelykop 14 elk teen Hoërskool Piet Retief en die Liggies dring deur na die finaal teen Hoërskool Standerton omrede hulle eerste daarin geslaag het om punte aan te teken; die tweedes wen 40-14 teen Hoërskool Secunda en speel in die finaal teen Hoërskool Standerton en die Calstar Group Eerstespan wen 63-23 teen Hoërskool Ermelo en speel in die semifinaal teen Hoërskool Lydenburg.

Die wedstryde sal eerskomende Saterdag, 9 Junie om 08:30 afskop. Kom ondersteun gerus die Liggies se Blou Masjien rugbyspanne!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal