Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo se seunshokkiespanne het ‘n uiters suksesvolle week agter die rug met al vier spanne wat hulle wedstryde oortuigend gewen het. Die o/14-span het Maandag, 28 Mei in Secunda teen Curro Secunda aan ‘n vriendskaplike wedstryd deelgeneem en die wedstryd met 4-1 beklink. Die o/16A- en B-spanne het Vrydag, 1 Junie onderskeidelik teen Hoërskool Evander en Hoërskool Standerton in ligawedstryde te staan gekom.
Die o/16A’s het Evander met 4-1 geklop, terwyl die o/16B’s Standerton ook met 4-1 gewen het. Standerton se eerstespan het onttrek en daarom ontvang Ligbron se eerstespan die wedstrydpunt. Die o/14-, o/16A- en eerstespanne dring almal deur na die Liga-uitspele wat op 9 en 16 Junie onderskeidelik by Penryn College, Hoërskool Nelspruit en Uplands College plaasvind. Baie sterkte aan hierdie drie spanne met julle uitspele.