Baie sterkte aan die vyf leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo wat deurgedring het na die semifinale van die ATKV Redenaars Kompetisie wat eerskomende Vrydag, 8 Junie by HTS Witbank sal plaasvind. Die vyf Liggies is Daniel Korff (foto bo), Simone Stapelberg, Marezel kriek, Zack Bosman en Marius Ferreira.