Ligbron se groep leerders wat vanjaar aan die ATKV Tienertoneel deelgeneem het.
‘n Groep leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie het gedurende verlede week aan die ATKV Tienertoneel kompetisie deelgeneem wat by Hoërskool Ermelo aangebied is. Die stuk is deur Lian Fourie (Gr 12) geskryf en hy het spesiale vermelding gekry van die beoordelaars wat hom lof toegeswaai het vir sy skryfwerk. Jannes van Staden ontvang ‘n brons sertifikaat vir sy toneelspel.
Die groep het baie goeie terugvoer vanaf die beoordeelaaars gekry en het die optrede terdeë geniet.