Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo se o/14A krieketspan het op Maandag, 17 September teen Hoërskool Ermelo se o/14B’s op EHS se velde te staan gekom. EHS kolf eerste en teken 26 lopies (almal uit) in 9.5 boulbeurte aan. Dries Odendaal blink uit met 5 paaltjies vir 12 lopies in 4 boulbeurte.
Ligbron neem die kolf op en teken 27 lopies vir die verlies van geen paaltjies in 3boulbeurte aan. Dylan Roodt blink uit met sy kolf met 14 lopies van 13 balle. Ligbron wen die wedstryd met 10 paaltjies.
Die tweede krieketspan het op Dinsdag, 18 September, tuis teen Hoërskool Piet Retief se tweedespan gespeel. Piet Retief kolf eerste en teken 101 lopies vir die verlies van 9 paaltjies in 20 boulbeurte. Zenkosi Nkambule blink uit met 4 paaltjies vir 13 lopies in 4 boulbeurte. Ligbron kolf en teken 103 lopies vir 9 paaltjies in 18.4 boulbeurte aan. Mohammed Gardee teken 37 lopies aan. Ligbron wen die wedstryd met 1paaltjie.
Die o/15A’s het op Saterdag, 22 September, teen Penryn College se o/15A’s in Nelspruit te staan gekom. Penryn kolf eerste en teken 174 lopies na 33.2 boulbeurte aan. Sias Jacobs is die uitblink-bouler met 3 paaltjies vir 51 lopies in 10 boulbeurte.
Die Liggies neem die kolf op en teken 176 lopies vir die verlies van 2 paaltjies in 24.1 boulbeurte aan. Hendrico Jansen van Rensburg is die uitblink-kolwer met 54 lopies (nie uit nie). Ligbron wen die wedstryd met 8 paaltjies.
Foto bo en onder:Â Sias Jacobs