Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo se o/17 Fast Five Netbalspan het na afloop van hulle wedstryde wat op Donderdag, 20 September, plaasgevind het 2de in Mpumalanga geĆ«indig. Hierdie gedugte spannetjie staan ook die kans om moontlik deur te dring na die SAās.
Hul Mpumalanga-uitslae was as volg: wen 27-9 teen Hoƫrskool Lydenburg B, wen 11-7 teen Hoƫrskool Lydenburg A, wen 16-6 teen Hoƫrskool Middelburg, speel gelykop 18 elk teen Hoƫrskool Hoogenhout en verloor teen HTS Middelburg. Baie geluk aan hierdie spannetjie met hulle pragtige uitslae.
Agter (v.l.n.r.): Sethu Mkhwanazi, Thandeka Khumalo, JanƩ Bosman, Melandri Blaauw en Thandiswa Nhlapho.
Voor sit Salaelo Khumalo (links) en IlenƩ van der Walt (regs).
Become a Sponsor









