Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo se o/17 Fast Five Netbalspan het na afloop van hulle wedstryde wat op Donderdag, 20 September, plaasgevind het 2de in Mpumalanga geëindig. Hierdie gedugte spannetjie staan ook die kans om moontlik deur te dring na die SA’s.
Hul Mpumalanga-uitslae was as volg: wen 27-9 teen Hoërskool Lydenburg B, wen 11-7 teen Hoërskool Lydenburg A, wen 16-6 teen Hoërskool Middelburg, speel gelykop 18 elk teen Hoërskool Hoogenhout en verloor teen HTS Middelburg. Baie geluk aan hierdie spannetjie met hulle pragtige uitslae.
Agter (v.l.n.r.): Sethu Mkhwanazi, Thandeka Khumalo, Jané Bosman, Melandri Blaauw en Thandiswa Nhlapho.
Voor sit Salaelo Khumalo (links) en Ilené van der Walt (regs).