)

Ligbron krieketspanne kraai koning

Die seuns krieketspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het ? suksesvolle week agter die blad met al die spanne wat hulle wedstryde oortuigend gewen het. Die o/14A’s het op Maandag, 10 September, in Secunda teen Hoërskool Oosterland se o/14A’s gespeel.

Oosterland kolf eerste en teken 98 lopies vir 7 paaltjies in 20 boulbeurte aan. Liam Kitchenmaster is die beste bouler met 16 lopies 1 paaltjie in 4 boulbeurte. Die Liggies neem die kolf op en teken 100 lopies vir 5 paaltjies in 11.5 boulbeurte aan. Liam Kitchenmaster is ook die beste kolwer met 22 lopies van 16 balle. Ligbron wen die wedstryd met 5 paaltjies.

Die eerstespan het op Woensdag, 12 September, ? T20 wedstryd teen Hoërskool Standerton in Standerton gespeel. Ligbron wen die loot en besluit om eerste te kolf. Die Liggies teken 178 lopies vir die verlies van 4 paaltjies in 20 boulbeurte aan. Standerton kolf en teken 86 lopies vir die verlies van 9 paaltjies in 20 boulbeurte aan. Ligbron wen die wedstryd met 92 lopies.

Die tweedespan het Woensdag, 12 September teen Highveld Park se 1ste span gespeel. Ligbron kolf eerste en teken 191 lopies vir die verlies van 8 paaltjies in 20 boulbeurte aan. Nardus Prinsloo blink uit met 59 lopies. Highveld Park kolf en teken 38 lopies (almal uit) in 6.5 boulbeurte aan. Hendrico Jooste blink as kolwer uit met 3 paaltjies vir 17 lopies in 3 boulbeurte. Ligbron wen die wedstryd met 153 lopies.

Die derdespan het op Donderdag, 13 September, teen Hendrina se eerstespan gespeel. Ligbron verloor die loot en word ingestuur om eerste te boul. Hendrina teken 58 lopies (almal uit) in 13.5 boulbeurte. Die Liggies neem die kolf op en teken 59 lopies vir die verlies van 5 paaltjies in 8.1 boulbeurte aan. Ligbron se derdes wen die wedstryd met 5 paaltjies.

Die o/15A’s het op Saterdag 15 September, in Lydenburg teen Hoërskool Lydenburg gaan speel. Ligbron kolf eerste en teken 377 lopies vir die verlies van 9 paaltjies in 50 boulbeurte aan. Sias Jacobs is die beste kolwer met ? 100-tal. Hy spog met 120 lopies. Lydenburg neem die kolf op en teken 78 lopies (almal uit) in 19.2 boulbeurte aan. JP Austin is die beste bouler met 3 paaltjies vir 11 lopies in 3 boulbeurte. Ligbron wen die wedstryd met 299 lopies.

Die eerstespan het Saterdag tuis teen Hoërskool Genl Hertzog te staan gekom. Ligbron wen die loot en besluit om eerste te kolf. Die Liggies teken 395 lopies vir die verlies van 2 paaltjies in 50 boulbeurte aan met Ruben Herbst ten Charl du Toit wat albei 100-talle aanteken. Ruben spog met 144 lopies van 141 balle en Charl met 112 lopies van 104 balle. Hertzog kolf en teken 56 lopies (almal uit) in 11.4 boulbeurte. Mark Niebuhr is die beste bouler met 6 paaltjies vir 15 lopies in 5 boulbeurte. Ligbron se eerstes wen hierdie wedstryd met 339 lopies.

Foto bo: Die drie Liggies wat elk hierdie week ? 100-tal geslaan het. Hulle staan (v.l.n.r.): Sias Jacobs (120 lopies), Charl du Toit (112 lopies) en Ruben Herbst (144 lopies).

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal