Die Graad 10 leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie het vanaf Dinsdag tot Vrydag, 10 tot 13 September, hulle jaarlikse kamp by Elandskloof Trout plaas by Dullstroom bygewoon. Die leerders het die kamp terdeë geniet en het ‘n baie besige skedule gehad met verskeie aktiwiteite waaraan hulle deelgeneem het. Die Graad 10 groep bedank graag die onderwysers wat hulle op die kamp vergesel het.