Hierdie kookwater hokkiespannetjie het die afgelope naweek Laerskool Thabazimbi se naam hoog gehou tydens die Limpopo uitspele. Die 0/10 hokkiespannetjie het hierdie seisoen in die 0/11 B Liga deelgeneem omdat daar nie ‘n Liga vir 0/10 spanne is nie. Hulle het Saterdag op Tzaneen  deelgeneem aan die Limpopo finale en het tweede geëindig.
Sjoe, julle het wel gedaan! Laerskool Thabazimbi is super trots op julle! Baie dankie aan Me Maryka Schlebusch en me Nicolene du Plessis vir julle puik afrigting.