)

Ligbron in Ermelo se atlete vaar goed tydens eerste byeenkoms

Ligbron Akademie vir Tegnologie en HTS Middelburg se atlete het op Vrydag, 26 Januarie 2018, op HTS Middelburg se velde meegeding tydens ‘n vriendskaplike Middag/Aand Atletiekbyeenkoms.

Die byeenkoms het in goeie gees plaasgevind en het ook as die finale uitdunne vir die Liggie gedien nadat die Interhuis Byeenkoms op Dinsdag, 23 Januarie 2018, weens die reën afgestel is.  Die atlete van albei skole het besonder goed presteer en Ligbron is trots op elke atleet wat van die geleentheid gebruik gemaak het om deel te neem.

Die volgende Liggie-atlete het eerste plekke in hul onderskeie items opgelewer: o/14- Cuara Deysel (verspring), Jacolien du Preez (300m hekkies en spiesgooi),  Dylan Roodt (hoogspring) en Siyabonga Nkosi (100m); o/15- Carla Niebuhr (diskus, spiesgooi en gewigstoot), Munashe Dukuswa (hoogspring, verspring), Sias Jacobs (diskus en gewigstoot), Martin Meyer (100m hekkies) en Kwanele Nkambule (200m en 100m); o/16- Megan Herbst (200m), JP Louw (gewigstoot) en Thomas Labuscagne (400m en 100m); o/17- Kemaine Venter (800m), Mikyla le Roux (gewigstoot en diskus), Marisca Stander (100m hekkies), Bianca Francis (200m en 400m), Hlali Sibanyoni (verspring en 100m), Charl du Toit (hoogspring) en Alec Duncan (200m, 400m en 100m); o/19- Njabulo Mahlobo (verspring en 200m), Jan-Hendrik Geldenhuys (spiesgooi), Arno van der Merwe (driesprong) en Philani Zwane (100m).  Die Liggies sal op Vrydag, 2 Februarie, in Witbank by HTS Witbank aan ‘n vriendskaplike middag/aand byeenkoms deelneem.

Foto heel bo:  Carla Niebuhr (o/15)

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal