Ligbron Akademie vir Tegnologien Ermelo, en Hoƫrskool Jan Viljoen, Randfontein, het op Saterdag, 29 Maart, kragte gemeet in die eerste Superreeks wedstryde van die Superreeks-liga.
Die wedstryde het op Hoƫrskool Jan Viljoen se velde plaasgevind. Ligbron het kop en skouers uitgestaan en het pragtige uitslae vir die dag opgelewer.
Die rugbyspanne se uitslae is soos volg:
Die Calstar Group Eerstespan wen hulle wedstryd oortuigend met ān prag-telling van 46-15,
Die 2des wen 19-0, o/16A wen 28-16, o/15A wen 41-0 en die o/14Aās wen hulle wedstryd met 54-0.
Die o/16Bās en derdespan het in vriendskaplike wedstryde teen HoĆ«rskool Hendrina gespeel. Die o/16’s het teen Hendrina se o/17’s gespeel en die wedstryd met 12-7 gewen, terwyl die derdes teen Hendrina se eerstespan gespeel het en die knie moes buig toe hulle met 7-36 verloor het.
Die netbalspanne het hulle ook goed van hul taak gekwyt en pragtige uitslae behaal. Hulle uitslae is soos volg:
Die eerstespan wen 32-12, 2des wen 30-6, o/16A verloor 10-16, o/16B wen 15-0, o/15A wen 23-7, o/15B wen 19-9, o/14A wen 19-11 en die o/14Bās wen 16-8.
Ligbron se dogters hokkiespanne het vir aanskoulike hokkie gesorg met die volgende uitslae:
Die eertespan wen 8-0, o/16A wen 7-0, o/15A wen 12-0 en die o/14Aās wen oortuigend met 25-0.
Baie geluk aan al die Liggie-spanne!