Die o/14-seunshokkiespan van EHS saam met hul afrigter, mnr. Willem Romijn (links agter)
Hoërskool Ermelo se o/14A-seunshokkiespan het op Donderdag, 5 Maart, hul eerste ligawedstryd teen Hoërskool Standerton gespeel.
Die jong span het met baie talent en deursettingsvermoë die wedstryd oortuigend gewen met ‘n uitstekende telling van 4 – 1. Die doelskieters was Marnus Marx met twee doele en Greghan Groenewald en Edwin Smit met een doel elk.
Baie geluk manne! EHS is trots op julle en sien uit na die groei van die span!