Walter van der Walt in aksie
(Foto verskaf)
Walter van der Walt (graad 10 EHS-leerder) en Melissa Olivier (graad 8 EHS-leerder), word erken onder die top 50 Western Mounted ruiters in Suid-Afrika.
In Junie kry dié ruiters die geleentheid om aan die Elite-kompetisie deel te neem wat aangebied word by die Afridome in Parys. Hier neem net die beste ruiters in Suid-Afrika deel en kompeteer teen mekaar, asook teen internasionale ruiters.
Walter en Melissa is gekies vir die spesiale geleentheid na aanleiding van die Suid-Afrikaanse kampioenskap wat in Oktober 2019 plaasgevind het.
Baie geluk aan die twee leerders. Erries is besonder trots op albei en wens vir julle alle sterkte toe!