Die T20 krieketspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie en Hoërskool Ermelo het op Woensdag, 23 Januarie in die eerste Coke T20 -wedstryd van die seisoen te staan gekom.
EHS wen die loot en besluit om eerste te kolf. EHS se eerste twee paaltjies kantel kort na mekaar met hul telling op 18 lopies. Die Liggie boulers wat uitgestaan het is: Ruben Herbst met 3 paaltjies vir 21 lopies , Jean-Paul Labuschagne met 2 paaltjies vir 12 lopies en Mark Niebuhr met 1 paaltjie vir slegs 9 lopies. EHS eindig op 104 lopies vir die verlies van 7 paaltjies in hul toegelate 20 boulbeurte.
Die Liggies neem die kolf op en verloor hul eerste paaltjie met die telling op 8 lopies. Hierna kolf Ruben Herbst (40 lopies nie uit nie) en Ebrahim Timol (42 lopies) uitstekend saam om die telling tot 105 lopies vir die verlies van 2 paaltjies te neem.
Ligbron wen met 8 paaltjies.