)

Hoërskool Punt skop die krieketjaar op ‘n hoë noot af

Die o/15-span van Hoërskool Punt in Mosselbaai het teen Oakdale Landbouskool van Riverdal gespeel. Oakdale kolf eerste en teken 66 lopies aan. Punt teken dit gemaklik aan met slegs 3 paaltjies plat en wen met 7 paaltjies. Die graad 8’s blink uit met Whity Bester wat 4 paaltjies neem, en Evan Schoeman met die kolf.

Die eerstespan het 2 agtereenvolgende naweke teen Hoërskool Knysna gespeel. Beide naweke teken Punt groot tellings aan en Knysna haal nie eens 100 lopies nie. Geluk aan Jan-Hendrik Marx met twee 40 talle en 6 paaltjies vir 10 lopies. Henko Senekal teken ‘n mooi 66 aan en Estian Hobbs ‘n baie goeie 71.

Donderdag, 24 Januarie het Punt se eerstespan teen Glenwood House in ‘n T20 wedstryd gespeel. Jan- Hendrik Marx maak weer die pap dik aan met ‘n goeie en baie vinnige beurt met die kolf. Punt teken 136 lopies aan en boul Glenwood uit vir 129. Punt wen met 7 lopies.

Eerskomende Donderdag speel Punt teen Hoërskool Framesby van Port Elizabeth.

Ondersteun ons twee spanne as hulle hierdie gedugte krieketskool aanpak.

Foto bo: Ian Visser en Jan-Hendrik Marx

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal