Die tennisspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het op Maandag en Dinsdag, 13 en 14 Augustus aan die liga deelgeneem wat te Secunda plaasgevind het.
Ligbron se seuns-tennisspanne het uitstekend gevaar. Die eerstespan speel in die finaal teen Hoërskool Ermelo en wen die wedstryd 31-24.
Die 2de seunspan speel ook teen EHS in hul finaal en wen die wedstryd met 33 – 22.
Beide spanne wen dus die liga. Die derdespan en die dogters se eerste- en tweedespan eindig vyfde in die liga.
Foto bo:Â Charl du Toit, Edward Jacobs, Mark Niebuhr en Anant Bhika.