Die eerste- en tweede dogters krieketspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het op Woensdag, 15 Augustus, onderskeidelik teen Hoërskool Oosterland en Standerton gespeel. Die eerstespan het tuis gespeel en die tweedespan het in Standerton gespeel.
Die eerstes het die loot gewen en Oosterland ingestuur om eerste te kolf. Oosterland behaal 85 lopies na 20 beurte. Amanda Turner staan uit onder die boulers met 4 paaltjies vir 25 lopies. Ligbron neem daarna die kolf op en gaan Oosterland se telling in die 9de boulbeurt verby met Ilené van der Walt wat 33 lopies behaal het. Ligbron wen die wedstryd met 8 paaltjies.
Die tweedespan het teen Hoërskool Standerton se eerstespan gespeel en was eerste ingestuur om die kolf op te neem. Die Liggies behaal 132 lopies na 20 boulbeurte met 3 paaltjies plat. Standerton neem die kolf op en teken 135 lopies na 13 boulbeurte vir die verlies van 2 paaltjies. Nicole Saaiman teken 9 lopies vir die verlies van 1 paaltjie aan. Ligbron verloor die wedstryd met 8 paaltjies.
Foto bo: Die dogters eerste krieketspan sit voor (v.l.n.r.): Jacolien du Preez, Carla Niebuhr en Jelain Austin.
In die middel staan (v.l.n.r.): Lalique Broxham en Ilené van der Walt.
Agter staan (v.l.n.r.): Amanda Turner, Hanné Stevens, Mikyla le Roux, Marezelle Kriek, Leoné Bakker en Boitumelo Mathabata.