Die eerste Ermelo Redenaarskompetisie is op Donderdag 16 Augustus deur Ligbron Akademie vir Tegnologie aangebied.
Vier plaaslike skole ( Ligbron, EHS, N.P.S.S en Ermelo Combined School) se beste redenaars het hul taalvaardigheid en oorredingsvermoë teen mekaar getoets. Ligbron se junior span het bestaan uit: Lelani Davel en Michelle Potgieter.
Simone Stapelberg en Daniel Korff het die senior span uitgemaak. Die plaaslike talent het die beoordelaars beïndruk en ons glo dat hierdie kompetisie net van krag tot krag kan gaan.
Die Liggies het met die volgende trofeë weggestap: Beste Junior Spreker: Lelani Davel ( Ligbron); Beste Taalgebruik Juniors: Lelani Davel ( Ligbron); Beste Senior Spreker: Simone Stapelberg ( Ligbron); Beste Taalgebruik Seniors: Simone Stapelberg ( Ligbron); Beste Senior Span: Ligbron Akademie vir Tegnologie en die Beste Algehele Skool: Ligbron Akademie vir Tegnologie.
Die Liggies wat almal trofeë ontvang het sit (v.l.n.r.): Daniel Korff, Simone Stapelberg, Lelanie Davel en Michelle Potgieter.