)

Ligbron bied suksesvolle gholfdag aan

Die wenner van Ligbron se Gholfdag Hendrico Janse van Rensburg saam met die organiseerder Nicky Broodryk

Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, het op Vrydag, 1 November, ‘n suksesvolle gholfdag by die Ermelo Buiteklub aangebied.  Met 144 gholfers wat die dag bygewoon het en pryse ter waarde van ongeveer R40 000, was die Ligbron gholfdag beslis ‘n hoogtepunt op die Liggie-kalender.  Elke speler het met hul inskrywing ‘n blou hemp ontvang waarmee hulle die dag deelgeneem het, wat verseker het dat die blou golf die gholfbaan oorgeneem het.  Die spelers het in ‘n IPS formaat deelgeneem en dit was eens dat almal die dag geniet het.

Die wenner van die dag was ‘n graad 10 leerling van Ligbron, Hendrico Janse van Rensburg, met 42 punte op ‘n “count out”.  Hy is gevolg deur Garry Dennis in die 2de plek met 42 punte op ‘n “count out”, Corrie Swart 3de met 41 punte op ‘n “count out’ en Deo Botha wat 4de geëindig het met 41 punte op ‘n “count out’.  Pieter de Beer het die prys ontvang vir naaste aan die pen op putjie 4, Estiaan Smit was naaste aan die pen op putjie 6, Niel Clifford was naaste aan die pen op putjie 14 en Danie Nel was naaste aan die pen op putjie 16.  Louis Botes het die prys ontvang vir die langste dryf op putjie 1 en Niel Clifford het die prys ontvang vir die langste dryf op putjie 17.

Ligbron maak graag van die geleentheid gebruik om die twee hoofborge vir die dag, Nashua Highveld en TWK, te bedank vir hulle getroue ondersteuning, asook elke borg wat bygedra het om die dag ‘n sukses te maak. Baie dankie ook aan elke speler wat aan die dag deelgeneem het.

2de Plek wenner Garry Dennis saam met die organiseerder Nicky Broodryk
3de Plek wenner Corrie Swart saam met die organiseerder Nicky Broodryk
Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Thought of the Week – Gedagte vir die Week

Thought of the Week – Put on all the armor that God gives, so you can defend yourself against the devil’s tricks. Ephesians 6: 11, 12 Gedagte vir die Week…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal