Peet Marx, ‘n graad 10 leerling by Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het 35 000 koeldrank proppies (70kg) by die skool ingehandig vir die herwinningsprojek. Peet woon in die Chrissiesmeer omgewing en het 8 kinders wat hom help om die proppies in te samel. Peet bederf elkeen van sy helpertjies met ‘n sak vol lekkergoed en skyfies.
Baie dankie Peet vir die verskil wat jy maak!