Die netbal B-spanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het op Dinsdag, 17 April 2018 hulle ligawedstryde teen Ermelo Hoërskool op Ligbron se bane gespeel. Die Liggies het uitstekende spel gelewer en sodoende al die wedstryde gewen. Baie geluk aan al die spanne. Die uitslae is soos volg: o/14B wen 11-9, o/15B wen 12-4, o/16B wen 26-3 en die tweedespan wen 21-20.
Foto bo: Amoré Wolmarans
Foto onder: Clarissa van Zyl