)

Die Suid-Kaap Skrywersgilde ken ‘n merietbeurs aan Bianca de Swardt van Hoërskool Punt toe

[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text _builder_version=”3.0.73″ background_layout=”light” text_orientation=”left” border_style=”solid”]

Die Suid-Kaap Skrywersgilde het ‘n merietbeurs aan Bianca de Swardt van HS Punt toegeken.  Die beurs behels ‘n werkswinkel in kreatiwiteit vir skrywers en digters en word aangebied deur Prof Franci Greyling en Prof Bernard Odendaal.

Aspirant skrywers en digters vanuit die Suid-Kaap kon vir die beurs aansoek doen deur ‘n skryfstuk vir evaluering in te dien.  Volgens die panel was Bianca se skryfstuk “die van ‘n ontluikende en hoë-potensiaal” skrywer.

Die werkswinkel word deur die Noordwes Universiteit se ATKV-Skryfskool aangebied met die Suid-Kaap Skrywersgilde as gasheer.

[/et_pb_text][et_pb_toggle _builder_version=”3.0.73″ title=”Bianca se Skryfstuk” open=”off” border_style=”solid”]

As die woestyn kon praat, wat sou hy sê?

Ek sit en staar met diep verwondering na die prentjie en die vraag kom by my op, “ As die woestyn kon praat, wat sou hy sê?”

Sou hy praat van die baba wat haar melk op die uitgedroogte sand gemors het, sou dit wees van die man wat geen kos gehad het nie. Of sou dit wees van die man wat sy vrou verneek het voor hulle eersgeborene?

Die vraag bly steeds staan, wat sou die woestyn sê?

Vir ure het ek gelê en wroeg oor die vraag wat in my kop vasgesteek het. Ure het later nagte geword en nagte het lang, uitgerekte maande geraak.

Toe kom die antwoord by my op…

Die woestyn sou sy hart uitstort oor die mense en hulle groot dors. Duisende voete het die woestyn platgetrap. Duisende dors siele het gesmag na iets om te drink, en al wat hy kon doen is luister.

Mense gaan deur die woestyn, hulle sal huil na water en dis waar dit stop.

Die woestyn bestaan uit sand, maar die mens  uit soveel meer.

Die woestyn sou die een wees wat sy hart uitstort oor die mens wat so kleingelowig is. Hulle sal sleepvoet deur die woestyn gaan, hulle sal moun oor alles wat hulle nie het nie, alles wat verkeerd gaan. Maar kyk hulle ooit op en vra om hulp na bo?

Die Bybel sê vir ons, “ My hulp kom van die een wat die hemel en aarde geskape het”

Jy kan jouself probeer help maar jy gaan nie baie ver kom nie.

Die woestyn, ‘n droë sanderige plek, is daar gesit deur die een wat hemel en aarde geskape het. Die woestyn se hartsbegeerde na duisende jare bly nogsteeds dat die mens sal opkyk en weet dat hulle hulp van bo kom.

As die woestyn ko npraat, wat sou hy sê?

Die woestyn sou vir die mens vertel van die goedheid van God en dat jy nie sonder God deur die lewe kan gaan nie.

 

Bianca de Swardt

12a4

[/et_pb_toggle][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal