Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo se atlete het Vrydag, 9 Februarie 2018, aan ‘n vriendskaplike atletiekbyeenkoms deelgeneem wat by Rob Ferreira in Witrivier aangebied was. Ligbron se atlete het hierdie byeenkoms aangewend om goed voor te berei vir die Interhoër byeenkoms wat eerskomende Vrydag sal plaasvind.
Die volgende skole het aan die byeenkoms deelgeneem: Ligbron, Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Rob Ferreira, Hoërskool Bergvlam, Hoërskool Ben Vorster en Penryn College. Al die atlete van die onderskeie skole het gesorg vir puik atletiek en ook strawwe kompetisie. Die volgende Liggie-atlete het almal ‘n eerste plek in hul onderskeie items beklee: o/14- Noma Maseko (400m), Jacolien du Preez (spiesgooi), Rudolph Scholtz (gewigstoot) en Wandile Makhanya (1500m); o/15- Munashe Dukuswa (verspring en hoogspring), Martin Meyer (300m hekkies en 100m hekkies) en Sias Jacobs (gewigstoot en diskus); o/16- Megan Herbst (400m hekkies, 200m, 100m en 100m hekkies) en Jandri Coetzee (verspring); o/17- Mikyla le Roux (diskus), Hlali Sibanyoni (verspring en 400m), Alec Duncan (200m en 400m) en Nelson Mvumba (1500m); o/19- Annika Jacobsz (1500m), Danie van Zyl (driesprong) en Njabulo Mahlobo (verspring).
Ligbron Akademie vir Tegnologie se atlete sal op Vrydag, 16 Februarie 2018, aan die Hoëveld Uitnodigings Byeenkoms (Interhoër) deelneem wat vanjaar deur Hoërskool Middelburg aangebied sal word. Die byeenkoms sal op 10:00 afskop. Kaartjies is beskikbaar by Ligbron se algemene kantoor teen R50. Daar is slegs beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar.