Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo se eerste krieketspan het Woensdag, 7 Februarie 2018, teen Beacon College van Malelane ‘n Pro 20 krieketwedstryd op Ligbron se tuisveld gespeel.
Ligbron het die loot gewen en besluit om eerste te boul. Die Liggies het goeie boulwerk opgelewer met Ebrahim Timol wat 3 paaltjies vir geen lopies in 2boulbeurte geneem het en Mark Niebuhr wat 3 paaltjies vir 7 lopies in 3boulbeurte geneem.
Hierdie goeie boulwerk het Beacon College beperk het tot slegs 41 lopies. Ligbron se kolwers het Beacon College se telling in die 6de boulbeurt verby gegaan met Hanco Bakker wat 16 lopies nie uit nie aangeteken het, Hendrico Jooste wat 6 lopies nie uit nie aangeteken het en Ruben Herbst wat 11 lopies aangeteken het.
Ligbron wen die wedstryd met 9 paaltjies.
Foto heel bo en links:Â Mark Niebuhr