Op Woensdag, 7 Februarie 2018 het die Hoërskool Ermelo ‘n vroeë Valentynsbal gevier en wat ‘n prag-aand was dit nie!
Die hoëhakskoene en dasse is afgestof en skoolleerders het verander in adellike jong dames en here. ‘n Verfrissende kelkie is op die Erries se pragtige terrein genuttig en die paartjies is met ‘n donkiekar en koets na die saal – versier met liggies en ‘n rooi tapyt – vervoer. Die aand het getuig van styl, klas en pret soos net die Erries kan!
Graag bedank die Erries vir oom Oubaas de Jager vir sy bydrae om hierdie funksie onvergeetlik te maak.
Dit was onbeskryflik en ‘n aand wat die Erries vir seker lank sal onthou.
Become a Sponsor









