Liga Hokkie. Twee van Hoërskool Ermelo se seunshokkiespanne het op Woensdag, 12 April, liga hokkie wedstryde gespeel.
Die o.14-span het hulle tweede wedstryd teen Hoërskool Secunda gespeel. Ongelukkig het hulle die wedstryd 1 – 3 verloor. Jannie Jacobsz het EHS se doel in hierdie wedstryd geskiet.
Die eerstespan het hulle liga afgeslaan teen Hoërskool Evander. Na ’n harde stryd en ’n goeie spanpoging, het Hoërskool Ermelo ongelukkig 1 – 3 verloor. Adam Barnard het EHS se doel in die wedstryd geskiet.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf