Juffrou Rienie se Gr. R Dolfyn-maatjies
Laerskool Stulting het Valetynsdag behoorlik gevier, uitgevat in rooi en pienk! Selfs die onnies het volgens die tema aangetrek en het al te lieflik gelyk! Die dag was vol liefde met hartjies en sjokolades net waar jy kyk! Die dag was heel gepas saam met die Gr.1’s se waarde, naamlik LIEFDE…