Lichess Skaakliga. Vyf leerders van Hoërskool Fichardtpark het onlangs deelgeneem aan ‘n aanlyn skole-skaakliga, aangebied deur Lichess. Die toernooi het op 17 September plaasgevind.
Niël Arlow (graad 11-leerder) beskryf die toernooi as, “besonders uitdagend, want elke speler het ‘n totaal van 15 minute vir sy/haar skuiwe, waar ons gewoonlik by ‘n liga darem 30 minute en meer kry.”
Hoërskool Fichardtpark het algeheel tweede, met drie leerders in die top 12, in dié toernooi geëindig.
Niël Arlow het ‘n algehele eerste plek met 5/5 verower.