Hoërskool Ermelo Krieket. Errie-krieket laat paaltjies kantel. Hoërskool Ermelo Krieket se eerstespankrieket het op Donderdag, 23 September, kragte gemeet teen Hoërskool Generaal Hertzog van Witbank op die Erries se tuisveld.
EHS het die loot gewen en aan hul opponente die geleentheid gebied om eerste te kolf. Goeie boulwerk het die besoekers daarvan weerhou om maklik lopies aan te teken en die paaltjies het gereeld gekantel. Die Errie-boulers het hul uitstekend van hul taak gekwyt en Genl. Hertzog tot slegs 148 lopies (almal uit) beperk in 29.3 beurte.
Hoërskool Ermelo Krieket het nie op hul louere gerus nie en kon daarin slaag om met slegs drie gekantelde paaltjies die lopieteiken in 26.4 beurte verby te steek. Hoërskool Ermelo seëvier uiteindelik en wen die kragmeting met sewe paaltjies.
Opsommend:
Hoërskool Generaal Hertzog (HGH) – 148 (29.3)
Hoërskool Ermelo (EHS) – 149/3 (26.4)
EHS wen met 7 paaltjies.
Boulers:
Adam Barnard 2/6 (5.3)
Rian Barnard 2/26 (5)
Corné Jansen van Rensburg 2/27 (5)
Tobie Leibbrandt 2/34 (6)
Kolwers:
Wian Swart 47 (77)
Christiaan Arnoldi 26 (15)
Arend Fourie 18* (16)
Baie geluk aan die Errie-seuns met hul oorwinning. Julle maak die groen massa trots!
Lees meer oor EHS: