)

Hoërskool Ermelo Krieket – EHS vs Hoërskool Generaal Hertzog

Hoërskool Ermelo Krieket. Errie-krieket laat paaltjies kantel. Hoërskool Ermelo Krieket se eerstespankrieket het op Donderdag, 23 September, kragte gemeet teen Hoërskool Generaal Hertzog van Witbank op die Erries se tuisveld. 

EHS het die loot gewen en aan hul opponente die geleentheid gebied om eerste te kolf. Goeie boulwerk het die besoekers daarvan weerhou om maklik lopies aan te teken en die paaltjies het gereeld gekantel.  Die Errie-boulers het hul uitstekend van hul taak gekwyt en Genl. Hertzog tot slegs 148 lopies (almal uit) beperk in 29.3 beurte. 

Hoërskool Ermelo Krieket het nie op hul louere gerus nie en kon daarin slaag om met slegs drie gekantelde paaltjies die lopieteiken in 26.4 beurte verby te steek. Hoërskool Ermelo seëvier uiteindelik en wen die kragmeting met sewe paaltjies.

Arend Fourie
Tobie Leibbrandt

Opsommend:

Hoërskool Generaal Hertzog (HGH)           –  148 (29.3)

Hoërskool Ermelo (EHS)                               –  149/3 (26.4)

EHS wen met 7 paaltjies.

Boulers:

Adam Barnard                                                 2/6 (5.3)

Rian Barnard                                                   2/26 (5)

Corné Jansen van Rensburg                         2/27 (5)

Tobie Leibbrandt                                            2/34 (6)

Kolwers:

Wian Swart                                                      47 (77)

Christiaan Arnoldi                                          26 (15)

Arend Fourie                                                   18* (16)

Baie geluk aan die Errie-seuns met hul oorwinning. Julle maak die groen massa trots!

Lees meer oor EHS:

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal