Tydens die onbekende en onsekere tyd waarin Lettie Fouché se personeel en leerders hulself bevind, is dit altyd lekker om te weet jy gaan met ‘n glimlag by die skool se hek ontvang word.
“Dankie aan Riet en Tshepo wat ons getrou elke dag ontvang met ‘n glimlag en seker maak ons is gereed om die gronde binne te gaan nadat hulle ons hande gesaniteer en ons temperatuur gemeet het.”
“Dankie vir julle getroue en harde werk.”