“Hoe geseënd is ons nie om ‘n Skoolhoof te kon hê vir wie dit só moeilik is om voor totsiens te sê. Mnr Hugo, ons harte is dankbaar vir die jare wat jy ons LFS span gelei het. Mnr was die hartklop van ons spesiale skool – ‘n Hoof wat regverdigheid, menslikheid en konsekwentheid beoefen het. Hardwerkend voorgevat in al ons projekte.’ n Raakvatter met disipline en hart vir ons kinders.”
“Geniet Meneer se aftrede.”
Lettie Fouché Skool, liefde vir Meneer en jou gesin – want hier tussen randjies op die rots, staan ‘n skool so goed gebou. Dis ons lewe en ons trots, dis vir ons ‘n ankertou! Hier ontvang ons liefdesorg. Hier word ons van jongs af sterk. Hier is God ons krag en borg- die lig en lewe in ons werk.