‘n Suksesvolle krieket-merietefunksie is op Vrydag, 2 Oktober, in die skoolsaal van Hoërskool Waterkloof gehou. Rassie van Dussen was die gasspreker.
Toekennings is aan spelers en spanne gemaak wat besondere prestasies gedurende die verkorte 2020-krieketseisoen behaal het.
Die volgende spesiale toekennings is gemaak:
o. 14-Speler van die jaar: Beukes van den Berg
Junior snelbouler van die jaar: Ediaan Kriel
Junior draaibalbouler van die jaar: Ruan van der Vyver
Junior kolwer van die jaar: Heinecké Grobbelaar
Waardevolste speler in die tweede span: Lourens van Niekerk
Paaltjiewagter van die jaar: Franco Bester
Wisseltrofee vir hoogste paaltjie-vennootskap: Karel Verhoef en Franco Bester
Senior snelbalbouler van die jaar: Richardt Ackermann
Senior draaibalbouler van die Jaar: Kyle Welman
Senior kolwer van die jaar: SW Kemp
Waardevolste speler in die eerste span: Zander Maree en Simeon de Bruyn (deel toekenning)
T20-Speler van die jaar: SW Kemp
Senior veelsydigste speler van die jaar: SW Kemp en Hardus Coetzer (deel toekenning)
Senior speler van die jaar: Hardus Coetzer