Mnr Francois Minnie het sy 100ste eenheid bloed op 7 Oktober geskenk. Hy daag almal uit in  Virginia om sy voorbeeld te volg. Volgende kliniek sal plaasvind  13 Oktober by Harmonie Ng Kerksaal  tussen 10:00 – 16:00.
JC Adendorf van Grey College in Bloemfontein het op 2 Oktober sy eenheid bloed geskenk by Theunissen. Hy daag al die jong mense uit om hul eenheid bloed te skenk.
Marie Goodchild, leerder van Hoërskool Theunissen, daag alle leerders in die Goudveld uit om hul eenheid bloed te gaan skenk by hul naaste gemeenskap-kliniek of by The Strip in Welkom. Sy het op 2 Oktober haar eenheid op Theunissen geskenk.
SANBS bedank die skenkers wat gereeld bloed skenk.
Foto’s verskaf