)

Leierskap blom by Affies

Die Junior Stadsraad van Pretoria het Donderdag, 17 Mei 2018 hul nuwe stadsraad vir 2018/2019 ingehuldig. Wat die inhuldiging uniek maak is dat Afrikaanse Hoër Meisieskool reeds vyf keer ‘n Junior Burgemeester opgelewer het.

Die eerste inhuldiging van die junior raad was 40 jaar gelede. “Die Junior Stadsraad is destyds begin met die doel om skole te laat saamwerk aan projekte wat die jeug in ons gemeenskap raak” sê Leah Warmenhoven uittredende Burgemeester. Die doel van die program is om leierskap onder jongmense te bevorder deur hulle te leer om verantwoordelikheid te neem. Die Junior Stadsraad word deur die junior Stadsraadslede geadministreer en verkiesings word, gemonitor deur die Stadsraad.

Die inhuldiging’s verrigtinge is presies soos by ‘n volwaardige munisipale raadsinhuldiging – met toesprake en eedverklarings.

Die uittredende burgemeester, Leah Warmenhoven het haar opvolger Caro Laubscher en die raad van 2018/2019 voorspoed toegewens en bemoedig. Caro gaan ‘n groot verskil maak aan die raadslede en die gemeenskap.

Caro sê “My tema vir die termyn is ‘Arise and Shine of Staan op en skyn’! Die nuutverkose stadsraad wil graag hul tyd gee deur self aktief betrokke te raak by die gemeenskap. Op so ‘n manier verander jou perspektief van hoe die mense in jou gemeenskap leef!”

Foto bo: van links is uittredende Burgemeester Leah Warmenhoven (2017), Clarindi Greeff (2003), Caro Laubscher (2018), Philissa Reyneke (2015) en Zahn Rijnen (2016), almal Affies.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal