Leerlingraad 2026 – Bothaville Hoërskool. Met groot trots en opgewondenheid kondig Hoërskool Bothaville die verkiesing van hul nuwe leerlingraad 2026 aan! Hierdie groep leerders het hul plek verdien. Deur hul voorbeeld en leierskap sal hul die skool met waardigheid en entoesiasme dien. Met die vertroue van hul mede-leerders is dit seker dat hulle ’n positiewe verskil sal maak in elke hoek van die skoolgemeenskap.
Mag hierdie reis vir julle ’n verrykende ervaring wees, een van groei, spanwerk en betekenisvolle herinneringe. Julle is nie net verteenwoordigers nie, maar rolmodelle wat die gees van Hoërskool Bothaville Hoërskool uitdra.
Die volgende dogters is verkies:
- Marize Cloete
- Joané Terblanche
- Mia van der Walt
- Miané Rossouw
- Jané Greeff
- Grethe Ferreira
Seuns wat verkies is:
- Stehan Coetzee
- RJ Janse van Rensburg
- Jandré du Plessis
- Dian de Jager
- Jacques du Toit
- Chris Smit
Baie geluk aan elkeen van julle! Schools That Rock sien uit na die impak wat julle gaan maak. Mag 2026 ’n jaar wees van groei, trots en onvergeetlike oomblikke.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.facebook.com/BothavilleHS/
Foto voorsien
Become a Sponsor









