Baie geluk aan Chante Grobbelaar, Franzelle Mertz, Ashley Shawe en Jason da Souza, van die Hoƫrskool Bastion, wat die afgelope naweek by die Greenhills Stadium aan die D2-kampioenskappe deelgeneem het, en gekwalifiseer het vir die Gauteng kampioenskappe. Hierdie kampioenskappe sap die komende naweek in Hammanskraal plaasvind.
“Dit is regtig fantasties dat ons leerders hierdie mylpaal bereik het,” het Mnr Dawid Gouws, landlooporganiseerder by Bastion gesĆŖ.
“Ons sien uit om te sien wat hulle hierdie naweek bereik!”
Op die foto heel bo:
Chante Grobbelaar, Franzelle Mertz, Ashley Shawe en Jason da Souza
Verskaf: Monique Naude