Julian Bogner, van die HoĆ«rskool Waterkoof, het vanaf 12 tot 16 Julie 2017 aan die WĆŖreld Jeugkampioenskappe in Kenia deelgeneem. Hy het in sy 110 meter-hekkies uitdun, met ān tyd van 14,12 sekondes, derde geĆ«indig en maklik tot in die semi-finaal gevorder. Hy kon met sy vinniger tyd van 14,10 in die semi-finaal, nie na die finaal deurdring nie. Julian se hekkiesafrigter is mnr. Duan Viljoen.
Julian het uitstekend in die verspringfinaal presteer. Sy afstand van 7,40meter het hom, tot voor sy laaste sprong, in die derde plek geplaas. Die atleet van RomeniĆ« het egter met sy laaste sprong 7,47 meter gespring, en vir Julian met 7 sentimeter gewen. Julian eindig vierde in die wĆŖreld. Sy verspringafrigter is me. Carli Webber.
Baie geluk, Julian! Dit is ān puik prestasie en iets waarop jy met reg trots kan wees.
Foto heel bo: Julian Bogner