Laser Run. Hoër Meisieskool Oranje se duo, Danielle Joubert en Ezeth Esterhuizen, is in die Nasionale laser run span ingesluit. Die Wêreldkampioenskap vind vanaf 19 tot 28 Augustus vir die eerste keer in Engeland plaas.
Dis ’n derde jaar agtereenvolgens wat Danielle die span haal. Danielle en Ezeth het albei in 2022 podiumplekke vir Suid-Afrika behaal.
Danielle (o.19) is vir ’n derde jaar in ’n ry haar ouderdomsgroep se kampioen. Ezeth (o.17) het ‘n tweede plek op die SA’s in Nelspruit vermag. Danny Pienaar (o.17) was 5de.
Meer skolesport: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf