Laser Run. Hoërskool Jim Fouché se AJ Theron blink uit in Laser Run.
AJ Theron, ’n uitstaande sportman van Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein, het op 9 Maart aan die Free State Laser Run League 3 deelgeneem. Hy het uitmuntend presteer en die 1ste plek in die seuns o.19-afdeling verower. Met hierdie puik prestasie het AJ ook ’n kwalifiserende tyd behaal. Dit verseker aan hom ’n plek om in aanmerking te kom vir die SAMPA-wêreldkampioenspan.
Hoërskool Jim Fouché is baie trots op AJ se toewyding en deursettingsvermoë, en wens hom alle sukses toe met die volgende fase van sy sportloopbaan.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf










