Landboudal Kursus. Landboudal van Jacobsdal het die jaar die inisiatief geneem om ‘n kursusweek vir alle graad 10 & 11 leerders aan te bied. Leerders het vir ‘n volle week kursusse bygewoon wat deur kundiges in die veld aangebied is. Leerders kon kies uit die volgende een-en-twintig kursusse vir hul week:
Blokkursus, Skoonheid, Elektrisiteit, Dieresiektes, Kunsmatige insaminasie, Pakanneut, Houtwerk, Naaldwerk en lapverf, Wapenbevoegdheid, Kookkuns, Staaldraaibank, Noodhulp Vlak 1, Sweiskursus, Trekkers, Hekel en Brei, Skryf en Redaksie, Druiwe, Dragtigheidsondersoeke, Spysvertering in grootvee en Bottermaak.
Landboudal bedank al die aanbieders wat hierdie week vir die leerders moontlik kon maak. Dit is ‘n besonderse projek!
Foto’s verskaf
Lees meer oor lanbouskole: https://schoolsthatrock.co.za