Land Service Club camp. From hail to smores… Fun-filled, adventurous and educational, are just a few words to describe the Land Service Club camp of 2022. On 29 April 2022 the Land Service members of Aliwal North High School had their annual Club camp. It was a fully packed camp and the learners experienced all four values of Land Service.
On Friday afternoon the school busses left for Breakaway trials with 40 excited campers in tow. After the tents were pitched the Land Service members went on a hike and had to endure numerous challenges. They were greeted with a refreshing shower of rain and even some hail. Just like some challenges in life can be compared to this storm it ended with a beautiful rainbow appearing through the clouds.
The campers realised that even though we experience difficulties in life there will always be something to be grateful for. After the hike the campers had to divide into four groups and had to prepare their own “potjiekos”. Each group had to paint and design their own team flag and compose a team war cry. As always a good lantern stalk was done, which was thoroughly enjoyed. A big campfire was made and the campers sang Land Service songs while eating smores and drinking a steaming cup of coffee.
Saterdagoggend godsdiens
Daar is Saterdagoggend godsdiens gehou en die Here se teenwoordigheid was tasbaar in die pragtige natuurskoon van die kampterrein. Kampers het in kleingroepies bybel gelees en met mekaar gedeel waarvoor hulle dankbaar is. ‘n Lekker tradisionele Landsdiensontbyt is geniet, die kampers het opgepak en die pad weer gly-gly aangedurf terug Alie-land toe. Een van die vier waardes van Landsdiens is liefde vir jou medemens. Hierdie waarde is uitgeleef deur lee koffiehouers met sopmengsel te vul en met die gebruiksaanwysings te versier. Elke “jar of hope” kan aan minstens vier mense ‘n maaltyd voorsien.
Aliwal-Noord Brandweer en Reddingsdienste het die kampers kom toespreek en ‘n paar nuttige wenke gegee wat in noodsituasies toegepas kan word. Die kampers het vrae gevra en kyk sommer met nuwe oë na die merkwaardige diens wat hierdie brandweermanne lewer. Baie dankie aan Mnr James Crause en Mnr Lindisile Skeyi vir die tyd wat julle opgeoffer het.
‘n Kamp is nie volledig sonder ‘n lekker handwerkaktiwiteit nie en hierdie een was verseker iets spesiaal. Oom Lollie Greyvenstein het die kampers geleer om “sandblasting” te doen. Elke kamper kon ‘n glas met die Landsdienswapen, hulle naam en Klubkamp 2022 versier. Baie dankie aan oom Lollie dit was vet pret.
Om die kamp mee af te sluit het elke groep geleer hoe om ‘n maklike sjokoladekoek in 6 minute te bak. Alhoewel dit 6 minute neem om die koek te bak neem dit egter slegs 2 minute vir ‘n groep honger kampers om dit op te eet!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf