ASA Multi Events championships. Tydens die ASA multi events and relay national championships het Bethlehem Voortrekker Hoërskool se atlete baie goed presteer en die skool se naam hoog gehou.
SA aflos:
Wian Botha en Immanuel Veicht se FS-span het ‘n brons medalje vir 4 x 400m aflos ontvang. Wian Botha se FS-span ontvang ‘n silwer medalje vir 4 x 800m aflos. Mieke-Louise Britz en Carla Britz (TKS) se FS-span ontvang ‘n silwer medalje vir 4 x 800m aflos.
Baie geluk aan hul onderskeie afrigters: Casper de Villiers en Dirk van Rensburg.
Heptathlon:
Baie geluk aan Casper de Villiers en sy 5 atlete met puik prestasies! Marjulyn Myburgh wen ‘n silwer medalje met 7-kamp dames o/20.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.voortrekker.co.za/
Foto verskaf