Laerskool Westwood van Boksburg se Natuurlewe klub, het boompies in die skool se tuin van Eden geplant. Elke boompie simboliseer ‘n waarde wat gepaard gaan met die Wessies se reis na waardeland.
Die doel van hierdie reis is om morele waardes onder die leerlinge,  onderwysers, ouers en vriende op te skerp. Deur liefde, integriteit, vriendelikheid, eerlikheid, hoop & geloof kan elke Wessie ‘n verskil maak!