)

Laerskool Volschenk Redenaars herskryf geskiedenis boeke

Vyf Volschenk sprekers van Riversdal, Anja du Toit, Adriaan Coetzer, Jannes Snyman, Artho Saayman en Ilke Muir het Vrydag, 1 Junie, aan die semi-finaal van die jaarlikse ATKV-redenaarskompetisie deelgeneem in George.

Dit is die grootste groep van Laerskool Volschenk wat nog ooit deurgedring het na die semi-finaal. AL vyf sprekers is

onder die top tien in die SWD en OP in hul onderskeie ouderdomsgroepe.

Anja du Toit is die eerste Laerskool Volschenk spreker ooit wat deurdring na die Nasionale Finaal – ‘n Puik prestasie!

Ilke Muir is die eerste spreker wat vir die vierde agtereenvolgende jaar deurdring tot die semi-finaal asook die top tien

SWD/OP-lys haal vir die 4de jaar aaneenlopend.

Die ATKV-redenaarskompetisie bestaan reeds 23 jaar by die skool en bogenoemde prestasies is almal ‘n eerste vir Vollies!

Laerskool Volschenk is trots op julle!

FOTO Voor: Anja du Toit, Ilke Muir en Adriaan Coetzer
Agter: Artho Saayman, Me. Juliana Fourie (afrigter)en Jannes Snyman

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal