Vyf Volschenk sprekers van Riversdal, Anja du Toit, Adriaan Coetzer, Jannes Snyman, Artho Saayman en Ilke Muir het Vrydag, 1 Junie, aan die semi-finaal van die jaarlikse ATKV-redenaarskompetisie deelgeneem in George.
Dit is die grootste groep van Laerskool Volschenk wat nog ooit deurgedring het na die semi-finaal. AL vyf sprekers is
onder die top tien in die SWD en OP in hul onderskeie ouderdomsgroepe.
Anja du Toit is die eerste Laerskool Volschenk spreker ooit wat deurdring na die Nasionale Finaal – ‘n Puik prestasie!
Ilke Muir is die eerste spreker wat vir die vierde agtereenvolgende jaar deurdring tot die semi-finaal asook die top tien
SWD/OP-lys haal vir die 4de jaar aaneenlopend.
Die ATKV-redenaarskompetisie bestaan reeds 23 jaar by die skool en bogenoemde prestasies is almal ‘n eerste vir Vollies!
Laerskool Volschenk is trots op julle!
FOTO Voor: Anja du Toit, Ilke Muir en Adriaan Coetzer
Agter: Artho Saayman, Me. Juliana Fourie (afrigter)en Jannes Snyman