Die maatjies luister aandagtig na die gids oor al die interessanthede van plaasdiere.
Uitstappies vir ‘n leeftyd se herhinneringe! Verskeie grade van Laerskool Stulting, Humansdorp, was onlangs op hulle jaarlikse uitstappies.
Die Gr. R & RR maatjies het besluit om ‘n bietjie by Homeleigh Farmyard te gaan kuier. Hier het hulle meer oor plaasdiere geleer en kon hulle die geleentheid kry om sommige diere uit hulle handjies te laat eet en selfs ook aan ‘n paar wollerige lyfies vat.
Die Gr. 3’s was bevoorreg om by Langkloof Bricks ‘n draai te kon maak. Elkeen het n bolletjie klei gekry wat hulle lekker besig gehou het terwyl hulle deur die fabriek geneem is om te sien wat presies hulle al die afgelope 50 jaar daar doen.
Dan het die Gr.6-leerders ook onlangs op hulle jaarlikse uitstappie na die Science Centre in Uitenhage gegaan.  Daar het hulle ‘n lesing bygewoon wat propvol baie interessante eksperimente was. Sommige van hulle het selfs die geleentheid gehad om goed aan die brand te steek. Na die lesing het hulle geleentheid gehad om rond te speel in n groot saal wat vol interessante aktiwiteite is.