Charlí de Villiers, Edrich Kleu, Rudolph Gerber, en Chloë Ludick saam met Mnr. Wallie Hayward wat die skenkings in ontvangs geneem het.
Laerskool Stulting se leerders en ouers het gewys hulle het harte wat omgee toe hulle onlangs honderde blikkies kos ingesamel het vir droogtehulp. Die bydraes het alle verwagtinge oortref. Baie dankie aan almal wat betrokke was en ook in besonder Mnr. Leon de Koning wat hierdie projek van stapel gestuur het.