Leerders van Laerskool Stulting in Humansdorp is altyd reg vir ‘n uitdaging en geniet graag ‘n toer, al beteken dit dat hulle hul vakansie daarvoor moet opoffer. Die afgelope vakansie was dan ook geen uitsondering nie!
Met die bus gepak, vertek die o/13 rugby-en netbalspanne toe dou voor dag die 17de Maart na Riebeeck Kasteel.
Burta de Kock en Corne Marais van Kovsies Netbal in Bloemfontein, het die afrigting vir die netbal hanteer. Die spanne het baie geleer tydens die onderskeie afrigting-sessies en het daarna hul nuwe kennis toegepas in die wedstryde.
Stulting se rugby-en netbalspanne het goed gevaar en verskeie wedstryde gewen. Baie dankie aan al die personeel van Laerskool Stulting wat die leerders op die toer vergesel het.
Foto bo: Stulting o/13 rugbyspan maak reg vir ‘n wedstryd!